Die uil. Julle weet. Die een van die 26e Desember. Vanoggend 01:07 skrik ek wakker na ‘n nare nagmerrie*, net om tot die besef te kom dat die freakin uil alweer iewers sit en hoe-hoee! Dié keer darem nie op my dak nie, maar iewers naby. En so lê ek toe wakker en begin dink. Ek meen, jou dag is tog uitgesit vir jou die dag toe jy gebore is. Of so glo ek. Waar en wanneer ‘n uil dan nou sit en hoe-hoee maak tog dan seker nie saak nie. Die oumense het die goed skoon weggeskiet van hulle dakke af, maar ‘n vriendin van my wat op ‘n plaas bly, sê hulle het soveel uile op die plaas dat dit nie snaaks is nie. Nou hoe nou? Sy is nie uitgefreak elke oggend nie. Dit sal tog sekerlik nie help om uile weg te wens nie. Nes dit ook nie sal help om te smeek of te bid en te vra vir uitstel op JOU DAG nie. Jou tyd is jou tyd en niks kan dit verander nie. Dalk moet ek maar net die uil lê en luister en dankbaar wees vir die tyd wat ek tot dusver gegun was.
* Ek was vasgevang in ‘n klein vertrekkie, en orals waar ek trap het ek bloedspore getrap. My pa was ook in die vertrek saam met my, en waar hy draai spat daar net bloed spikkels orals teen die mure en op die vloer. Ek het gegil, maar geen geluid wou by my mond uitkom nie. Ek het probeer om hulp skree, maar ek kon nie praat nie en bloed het net bly orals spat in sukkel spikkels. Dit was regtig ‘n aaklige nagmerrie en die uil het nie veel gehelp om my daarna weer te laat slaap nie.
Ek hoop ek droom vanaand van ‘n eiland paradys vol aantreklike manne wat net sjokolade aandra……
*sug*


