Vanoggend 02:12 word ek wakker. ’n Uil het besluit om hom te kom tuis maak op my huis se dak. Ek HAAT die gehoe-gehooe van ‘n uil. Ek is byna seker ek het 25 jaar laas die gehou-hooe van ‘n uil op ons dak gehoor en twee dae later is my oupa oorlede. So loop ek die hele huis vol, buite op die stoepe opsoek na uil se kind om hom te jaag, maar al wat ek sien is uil. Ek gaan lê maar later weer, maar kort-kort hoe-hooe die freakin uil. Ek staan weer op, gaan weer uit en WRAGTIG (en nou lieg ek NIE), ‘n freakin swart kat met vier wit pote loop oor die pad so ‘n ent van ons huis af. As die uil weer vanaand op my dak sit, maak ek my man wakker en ons soek die ding tot ek hom kan wegjaag.
Glo jy in bygelowe? Ek worry nie om onder deur ‘n leer te loop nie. Ek vrees nie Vrydag, die 13e nie. Maar ek sit nie my skoene op ‘n tafel nie (dit bring glo ook dood) en soos reeds gesê, HAAT ek ‘n uil se geluid in die nag. ‘n Swart kat in die dag wat my pad kruis, pla my ook nie veel nie – behalwe in die konteks van my nagtelike ondervinding.
Steek daar waarheid in die oumens stories, of was dit fabrikate om kinders wat stout is, bang mee te maak? Hoe dit ook al sy, ek sweer as daai uil weer vannag my dak kies, gaan hy beslis die dooie een wees.



December 26, 2008 at 10:23 nm
O aarde ek is nog nie seker of ek in bygelowe glo nie. Ek is net versigtig ek wil nou nie die noodlot tart nie.
Ja maak jou man wakker dat julle daai uil verjaag! Geen mens kan so slaap nie, dit sal mens stres gee!
Voorspoed vir die Nuwejaar vir jou en jou geliefdes Celèste!!
December 27, 2008 at 4:52 nm
Uil en kat se kind was darem nog nie weer hier nie. “Touch wood” – sien, nog ‘n bygeloof?
Voorspoed ook vir jou en jou gesin, Wipneus.
December 27, 2008 at 8:46 nm
Ek doen ook die “touch wood” ding en is redelik bygelowig.
Op ‘n Vrydag die 13de neem ek verlof en sit nie my voete uit die huis nie want glo my, alles wat KON skeefloop, HET altyd op daai dag.
Alles van ongelukke tot verslaap, juis wanneer die CEO inkom.
Waarheid.
En pêrels. Die ongelukkigste 2 jaar in my lewe.
Toe gooi ek alles in ‘n vullisdrom en was nog nooit gelukkiger.
Strange, but true…
Swart katte en lere en uile pla my darem nie.
Nagedagte: dood gebeur regtig in 3e…
December 28, 2008 at 8:34 vm
Dankie Celeste
Kyk nou net wat sê Liezl hier, dis hoekom ek sê mens moet liewers versigtig wees! Ek beter solank gaan soek wanneer is daar Vrydag die 13de’s op volgende jaar se almanak! Ek sal sommer byvoorbaat verlof insit!
Ek is nogal erg oor sambrele, niemand mag ‘n sambreel in my huis oopmaak nie! Ek het ook gehoor pouvere in die huis bring ongeluk, daarom sal daar ook nie van die in my huis wees nie. Geen spieël mag in my huis gebreek word nie. Spieëls word met respek hier behandel. Net vir die wis en die onwis!!
Hierdie was ‘n lekker inskrywing en het my net weer wakker gemaak vir al die “oumens stories”. Waar ‘n rokie is, is definitief ‘n vuurtjie!
December 28, 2008 at 7:48 nm
OH!! Skoon vergeet van spieëls wat breek met die gepaardgaande 7 jaar ongeluk!!
(Dis my nommer een bygeloof!)