So ‘n paar weke gelede kom die groot, geel “M” toe uiteindelik dam toe. Die eerste aand is BESIG, BAIE BESIG. Dis asof die dam vir die eerste keer die “M” ontdek het. In elk geval, ons “order” word foutloos uitgeoefen en so wonder ons toe vir hoe lank ons hierdie fantastiese diens gaan ontvang.
Ons het vanaand ophou wonder.
Needless to say, was die “order” nie so lekker reg nie. Wat ons egter laat besef het dat die groot vriendelike “M” se werkers nie meer so lekker vriendelik is nie, is die volgende. Elke ouer weet dat met elke “happy meal” daar ‘n speelding is. Tans is dit die karakters van “Madagascar”. En hulle praat as jy hulle skud. Vreeslike oulike goedjies vir vyfjariges….. In elk geval, die “Malman” (dis nou die giraffe in die storie) wat Cat toe vanaand deur die “vriendelike” tannie gegee word, word geskud en geskud, maar al wat wil praat is Malmac. Ek versoek toe vriendelik dat ons ‘n ander Malman kry – een wat praat, want wat is dan nou so oulik aan ‘n nie-pratende giraffe. Dis toe die vriendelike tannie ons kap: “Malman doesn’t need to talk”.
Dis toe dat ek en my man sommer so gelyk begin lag. I, mean really. “Malman doesn’t need to talk”.
Ons het darem ‘n ander pratende Malman gekry, maar ek dink dis veilig om aan te neem dat die fantastiese nuwe diens, amptelik sy g@t gesien het.



December 22, 2008 at 7:29 nm
Oeeeeee! Sien ek nou rooi! Ek veg vir my werkende, ‘free’ speelding! Nee wat, stuur die groot, rooi M in sy maai.
BTW, as ons nie weer praat nie, geseende Kersfees vir jou en jou gesin.
December 24, 2008 at 7:22 vm
Melman is een van my favourite karakters van Madagascar 2 – hy is funny!