Wat gee jou werk jou hierdie jaar as ‘n kersgeskenk? Net jou bonus? Dalk ‘n ietsie ekstra? ‘n Geskenk en of geskenkbewys? Watter tipe jaareindfunksie het julle (indien ooit)? Word daar deesdae nog iets teruggegee deur die werkgewer aan sy werknemers? Of is die ekonomiese tye maar orals swaar.
Ek hoor vandag van ‘n firma wat hul dames vir ‘n hele paar beauty therapies stuur (massage, scrub ens.ens.). ‘n Ander firma waarvan ek weet neem die naweek sy personeel na ‘n bosveld oord toe vir so ‘n bietjie saam kuier en ontspanning. ‘n Ander firma gee kleiner geskenkies in die vorm van geskenkbewyse van so R100 elk en/of geskenkies van dieselfde waarde.
Dit hang sekerlik af van die grootte maatskappy waar jy werk en die tipe besigheid waarin jy jouself bevind, maar is dit regtig nodig van ‘n werkgewer om hierdie tyd van die jaar geskenke uit te deel (bo en behalwe bonusse)?



December 5, 2008 at 7:48 vm
Ons kry ‘n Kersete by Tuscan BBQ (partners included) en ‘n klein geskenkie.
Business is not booming . . .
December 17, 2008 at 10:37 vm
Nee wat, ons kry nie veel nie. Lekker kersparty gehad, maar dis omtrent waar dit ophou!