Bygelowe Friday, Dec 26 2008 

Vanoggend 02:12 word ek wakker. ’n Uil het besluit om hom te kom tuis maak op my huis se dak. Ek HAAT die gehoe-gehooe van ‘n uil. Ek is byna seker ek het 25 jaar laas die gehou-hooe van ‘n uil op ons dak gehoor en twee dae later is my oupa oorlede.  So loop ek die hele huis vol, buite op die stoepe opsoek na uil se kind om hom te jaag, maar al wat ek sien is uil. Ek gaan lê maar later weer, maar kort-kort hoe-hooe die freakin uil. Ek staan weer op, gaan weer uit en WRAGTIG (en nou lieg ek NIE), ‘n freakin swart kat met vier wit pote loop oor die pad so ‘n ent van ons huis af.  As die uil weer vanaand op my dak sit, maak ek my man wakker en ons soek die ding tot ek hom kan wegjaag.

Glo jy in bygelowe? Ek worry nie om onder deur ‘n leer te loop nie. Ek vrees nie Vrydag, die 13e nie. Maar ek sit nie my skoene op ‘n tafel nie (dit bring glo ook dood) en soos reeds gesê, HAAT ek ‘n uil se geluid in die nag.  ‘n Swart kat in die dag wat my pad kruis, pla my ook nie veel nie – behalwe in die konteks van my nagtelike ondervinding.

Steek daar waarheid in die oumens stories, of was dit fabrikate om kinders wat stout is, bang mee te maak? Hoe dit ook al sy, ek sweer as daai uil weer vannag my dak kies, gaan hy beslis die dooie een wees.

“Malman doesn’t need to talk” Friday, Dec 19 2008 

So ‘n paar weke gelede kom die groot, geel “M” toe uiteindelik dam toe. Die eerste aand is BESIG, BAIE BESIG. Dis asof die dam vir die eerste keer die “M” ontdek het.  In elk geval, ons “order” word foutloos uitgeoefen en so wonder ons toe vir hoe lank ons hierdie fantastiese diens gaan ontvang.

Ons het vanaand ophou wonder.

Needless to say, was die “order” nie so lekker reg nie.  Wat ons egter laat besef het dat die groot vriendelike “M” se werkers nie meer so lekker vriendelik is nie, is die volgende. Elke ouer weet dat met elke “happy meal” daar ‘n speelding is.  Tans is dit die karakters van “Madagascar”.  En hulle praat as jy hulle skud.  Vreeslike oulike goedjies vir vyfjariges….. In elk geval, die “Malman” (dis nou die giraffe in die storie) wat Cat toe vanaand deur die “vriendelike” tannie gegee word, word geskud en geskud, maar al wat wil praat is Malmac. Ek versoek toe vriendelik dat ons ‘n ander Malman kry – een wat praat, want wat is dan nou so oulik aan ‘n nie-pratende giraffe. Dis toe die vriendelike tannie ons kap: “Malman doesn’t need to talk”. 

Dis toe dat ek en my man sommer so gelyk begin lag. I, mean really. “Malman doesn’t need to talk”. 

Ons het darem ‘n ander pratende Malman gekry, maar ek dink dis veilig om aan te neem dat die fantastiese nuwe diens, amptelik sy g@t gesien het.

Ho!Ho!Ho! Thursday, Dec 4 2008 

Wat gee jou werk jou hierdie jaar as ‘n kersgeskenk? Net jou bonus? Dalk ‘n ietsie ekstra? ‘n Geskenk en of geskenkbewys? Watter tipe jaareindfunksie het julle (indien ooit)? Word daar deesdae nog iets teruggegee deur die werkgewer aan sy werknemers? Of is die ekonomiese tye maar orals swaar.

Ek hoor vandag van ‘n firma wat hul dames vir ‘n hele paar beauty therapies stuur (massage, scrub ens.ens.).  ‘n Ander firma waarvan ek weet neem die naweek sy personeel na ‘n bosveld oord toe vir so ‘n bietjie saam kuier en ontspanning.  ‘n Ander firma gee kleiner geskenkies in die vorm van geskenkbewyse van so R100 elk en/of geskenkies van dieselfde waarde.

Dit hang sekerlik af van die grootte maatskappy waar jy werk en die tipe besigheid waarin jy jouself bevind, maar is dit regtig nodig van ‘n werkgewer om hierdie tyd van die jaar geskenke uit te deel (bo en behalwe bonusse)?