Ek sit vanaand weer so ‘n bietjie en blog-hopping doen, siende dat daar nie veel op TV is nie. Ek bekommer my oor my pa wat gewig verloor, bleek en moeg daar uitsien en vandag vir my “oud” gelyk het. Hy gaan môre vir bloedtoetse en ek hoop alles gaan ok wees. Ek is “sad” oor iets wat met iemand baie naby aan my gebeur het en waaroor ek geen beheer het nie. Ek kan nie verstaan hoekom iemand ‘n blog skryf wat ander aanval oor ‘n onskuldige opmerking nie. Ek kan nie verstaan hoe iemand so te kere kan gaan oor iemand anders se opinie nie – dis tog sekerlik net ‘n ander persepsie as jou eie. Ek wonder hoekom so baie van die ou bloggers nie meer so gereeld blog nie. En ek wonder hoekom ek nog soms blog? Stel die ander bloggers werklik belang in jou lewe of in dit wat jy te sê het? Gesiglose skrywers wat hul eie mening op hul eie blogs die lig laat sien – stel hulle werklik belang of post hulle net by jou met die hoop dat jy na hulle blog sal gaan en daar sal post? Post jy iewers met die hoop dat iemand na jou site sal kom, of stel jy werklik belang? Beteken jou comment veel meer as die hoop dat daardie persoon jou site sal kom besoek? Soms twyfel ek. As jy iets op die hart het, deel dit met die mense na aan jou. Waarom dit deel met vreemdelinge wat nie werklik ‘n idee het van wie jy is of wat die omstandighede is nie.
Blogging, nes Facebook is totally overrated. Wat iets beteken is menslike kontak, persoonlike vriende, ‘n eggenoot wat luister en tyd saam met die mense vir wie jy lief is.
Want glo my, die helfte van die ouens wat jou blog lees, voel ‘n veer vir jou geluk of tragedie.



November 27, 2008 at 11:08 vm
Dis sleg dat jy so voel, maar ek kom ook al hoe meer agter dat die blogwêreld maar ‘n vreemde plek is…
November 27, 2008 at 3:22 nm
Indeed.
November 27, 2008 at 8:38 nm
Hey, hey, wat bedoel jy by “ou” bloggers?
Alle grappies op ‘n stokkie – daar is baie waarheid in wat jy sê. Tog, daar is diegene wat na jou blog toe kom net vir eie gewin, maar ek voel darem ek het ‘n paar vriende gemaak, vriendskappe wat sal bly, al het ek nog nie een van hulle persoonlik ontmoet nie.
November 28, 2008 at 8:43 nm
Ek hou duim vas vir jou pa se uitslae. Hoop nie jy wil ophou blog nie, geniet altyd jou inskrywings.
November 29, 2008 at 8:02 vm
Hallo!
Hier kom ek alweer op ‘n “nuwe” blog af. En ek sal weer kom kuier.
Ja, daar is bloggers wat klippe in die bos gooi en kyk wat daaruit gaan kom. Snaaks net dat hulle dit agter maskers doen. Miskien moet hulle hul ware self hard onderdruk waar hulle werk en in die gemeenskap waar hulle funksioneer en gebruik hulle blogsfeer vir ‘n uitlaatklep.
Ek het op ‘n stadium ook gewonder wat doen ek nog in die bloggemeenskap, maar ek kan maar net nie wegbly nie. Ek gee maar die elemente ‘n koue skouer. Hulle moet hulle ding doen en ek sal myne doen.
Sien jou weer!
November 30, 2008 at 7:27 nm
Liezl, dankie vir die wense tov my pa. Hy behoort in hierdie week iets te hoor, indien dit ernstig is. En wat die ophou blog aanbetref: nee, man, ek’s nie Da Mario nie! Soms kry ‘n mens maar net nie tyd nie, of is daar nie veel om te sê nie, maar ek skryf as die gogga my beetpak.
Mykopop, vat maar die “ou” soos jy wil, jong
December 3, 2008 at 2:39 nm
Die blogging darem!
Vir my is blogging ‘n klets-uitklaatklep. Ek het nie baie mense (vrouens) om mee te gesels nie, en ek hou van die interaksie. ‘n Vrou wat nie haar se kan se nie, raak erg gefrustreerd!
Aag, en die blogfights sorg darem vir bietjie opwinding! Solank ek nie self daarby betrokke is nie, bygese! Lees maar so op ‘n afstand en giggel myself dood.
Al nuus van jou pa?
December 3, 2008 at 7:37 nm
Boendoe, ek stem saam oor die “vrou wat nie haar sê kan sê nie” – ek sukkel ook maar om stil te bly.
Ons het nog geen nuus oor my pa gehoor nie, so hopelik is “no news, good news” waar in hierdie geval, maar hy moet Maandag, die 8e die dokter gaan spreek – sal dan beslis weet wat gaande is.