Iemand het eendag gesê dat jy jouself moet omring deur mense soos wat jy graag sal wil wees. Soms werk dit net nie so lekker nie.
Ek het vandag met iemand gesels wat ek amper 17 jaar laas gesien het. En in ons gesprek herinner hy my toe aan die persoon wat ek destyds was en met ’n skok besef ek dat ek verander het. VREESLIK baie verander het. Weens gebeure, weens persone, weens keuses, weens myself. En meteens mis ek die persoon wie ek toe was.
Ek wens ek het in sekere opsigte nie verander nie. Ek wens daar was nog ‘n deel van my wat daardie persoon was. Kan ‘n mens weer terug verander na wie jy was?
Dankie dat jy my vandag weer herinner het wie ek was – wie ek wou wees. Jy het my baie gegee om oor te dink (nes destyds) en hopelik vind ek darem nog iewers hier binne-in my, ”my ou self”.


