Die dronk blond Maandag, Sep 29 2008 

Ek weet nie of jy besef hoe “kômmin” jy lyk as jy onsamehangend by ‘n tafel staan en wieg op jou voete terwyl jy een sin na die ander aframmel nie. Jou kop wieg soos ‘n grashalm in die wind heen en weer terwyl jy nie mooi besef dat jou effe te klein toppie meer wys as wat as ordentlik beskryf word nie.  Ek moet egter toegee: jy is vriendelik, jy lag van oor tot oor terwyl jy nie mooi weet in watter rigting om te praat nie.

Toe ek jou en jou vriendin later in die publieke toilet (van O’Hagens”) raakloop en julle gesprek oorverdowend moet aanhoor, bevestig julle vlak van dronkenskap net weereens wat ek vermoed het: julle het geen “class”
nie.  Dalk moet ‘n mens julle opneem en die video die volgende dag vir julle speel. Dalk, net dalk, kry julle ook skaam vir julle gedrag. Maar ek het so ‘n vae gevoel dat ek dalk verkeerd bewys mag word.

En skielik onthou ek my St. 8 huishoudkunde juffrou se woorde: “Girls, dis beter om ‘n koek te wees as ‘n tert, want as jy eers ‘n tert is, kan jy nooit weer ‘n koek word nie”.

Van die os op die jas: Dit was nice om jou te ontmoet, nie net vir wie ek gesien het jy is nie, maar ook omdat jy sy glimlag terug gebring het. Ek hoop ek sien jou gou weer.

 

Dying notes Thursday, Sep 25 2008 

Ek speel klavier. Nie so gereeld as wat ek sou wou nie, maar wanneer ek alleen is en myself kan inlewe in my klassieke stukke, laat waai ek.

My Hoffmann is 53 jaar oud – glad nie oud vir ‘n klavier nie. Dit was ‘n geskenk aan my ma op haar 10de verjaarsdag.  So ‘n paar jaar gelede het ek haar laat restoureer en sy lyk splinternuut (my klavier, nie my ma nie!). Maar soos met mense, het die ouderdom nou ook sy tol begin eis.  Haar klankbord is gekraak - met ander woorde dit sal nie help om haar te stem nie, want sy sal net weer vals wees in ‘n maand of twee.  Probleem is, ‘n nuwe klankbord kos R6 500 en dit kan wees dat die klankbord oor ‘n jaar of twee weer gekraak het op ‘n ander plek en die probleem dus weer sy kop uitsteek.  Ek wil nie ophou speel nie en haar beslis ook nie inruil vir ‘n moderne keyboard nie.  Wat nou gemaak? Moet ek hierdie tipe geld spandeer om my klavier weer speelbaar te maak of moet ek haar maar in die toekoms net as ‘n ornament eenkant in die sitkamer laat staan – doodstil – so asof iemand haar siel kom steel het.  

Vir party mense sal die besluit ‘n maklike een wees.  Dié daarbuite wat ook geseënd is met die gawe om te kan speel, sal my dilemma miskien beter verstaan. ‘n Klavier wat nie speel nie, is soos ‘n motor met vier pap wiele.

Miskien moet ek maar tog reageer op een van daardie “jy het die Euro Lotto gewen” e-posse…. 

Twee dood op treinspoor… Maandag, Sep 22 2008 

terwyl hulle seks het.  :shock: (bron: News24.com, 22/09/2008)

Ek vind dit moeilik om hierdie een te picture.  Ek meen, dit gee ‘n ander betekenis aan die term: “you rock my world”.  Dalk het die girl gedink die seks is so goed, dat die aarde eintlik onder haar bewe.

Honestly, I don’t get this. 

Seks op ‘n treinspoor en ‘n aankomende trein wat jy nie hoor nie? Jeewhiz, die ou moes “super” goed gewees het.

 

Driving Idiots Maandag, Sep 22 2008 

Ek kom al lankal agter dat padverkeersreëls deesdae beskou word as onnodig deur party bestuurders hier in my omgewing.  Dit gebeur deesdae al hoe meer dat, as jy sou waag om by ‘n stopstraat stil te hou (veral in Scottstraat – die “hoof”straat wat lei na die damwal by Hartbeespoortdam), ‘n taxi sommer van agter sal kom en regs by jou verbyjaag, bo-oor die stopstraat, want ‘n stopstraat geld mos net van 1 tot 2 in die vroeë oggendure.

Party taxi’s sal sommer aan die linkerkant ook verby jaag as daar dalk ‘n motor van vooraf aankom!

By Damdoryn het ek al egter die toppunt gesien.  Vir dié wat nie weet nie, Damdoryn is ‘n baie groot kruising net na die damwal by Hartbeespoortdam, oppad na Rustenburg. Links draai jy af na Kosmos/Sandton se kant toe, reguit aan is Rustenburg en regs draai jy af na Pretoria. Ons is sowat 10 motors wat in ‘n netjiese ry by die kruising, agter mekaar staan en wag vir ons beurt om reguit oor die kruising te gaan (sien padreëls mos maar sê). Van agter kom ‘n wit bakkie aangejaag, draai links in die linker glybaan wat na Kosmos gaan, stop of ry nie stadiger nie, maak so ‘n wille draai terug by die kruising om net weer dadelik links te draai en verder reguit aan te ry (in die rigting van Rustenburg)! Dit alles net om nie te staan by die kruising en sy beurt af te wag om reguit oor te gaan nie.

Dis sulke tye wat ek wens ek het “ESP” of een of ander bo-natuurlike kragte, want ek wil so ‘n ou se motor tot ‘n stukkie metaal van 10×10cm in “dink”.

 

 

Die vrou met die “tools” Friday, Sep 19 2008 

Daar is ‘n ding, ‘n lelike ding wat gereeld my pad kruis. Hulle noem hulle “reps”.  Vroulike ”reps”. In sulke klein kledingstukke. Met gemanikuurde naels. Met blink juwele en met heeltemal te veel grimering aan. En parfuum. Parfuum wat jy ruik terwyl sy op hoë hakke die trappe opsukkel. Sy kom glimlaggend nader, alhoewel die glimlag nie heeltemal tot by haar ore strek nie.  Néé, daardie glimlag is alleenlik gereserveer vir die manlike kollegas.  En spesifiek vir die aankoper van ‘n spesifieke produk waarin sy spesialiseer.  Jy weet mos. Met so ‘n “look” kan sy net in een rigting spesialiseer:  “tools”.  Kraggereedskap. Of trokke. Of diesel en olies. Of boute en moere.  Jy weet mos. Dinge waarmee enige vrou haar daagliks mee ophou.

Dit is vir my onnatuurlik en so obvious vlak , dat firma’s vrouens “misbruik” om hulle produkte aan mans te verkwansel.   Ek verstaan die (gebrek aan) logika daaragter, maar ek kan nie verstaan dat ‘n vrou toelaat dat sy so openlik uitgebuit word nie.

En hou die mans dop as so ‘n “rep” by hulle is.  Dis asof hulle ‘n persoonlikheids verandering ondergaan.  Hulle is tog so “attentive” en vol flou grappies. Dit skerts en lag en hulle hormone is skoon op loop. En dan koop hulle. Die trok. Of die diesel en olie. Of hulle belowe om te koop – die volgende keer as sy weer kom! Ha! 

Maar nou ja, as ‘n firma ‘n manlike “rep” stuur met bultende spiere en ‘n mooi gesiggie sal ek dalk ook anders oor die situasie dink. O, ja en mooi hande. Ek vrek oor mooi hande.

Dis net asof daar heelwat minder van laasgenoemde spesie as eersgenoemde spesie my pad kruis en miskien is dit DAAR waar die probleem lê. 

 

 

 

 

Jakaranda Fm se belofte Thursday, Sep 18 2008 

Okay, so Jakaranda 94.2 FM belowe my elke dag plegtig dat hulle tussen 08:00 en 17:00 (of so iets) NOOIT ‘n liedjie sal herhaal nie.  Good for them. Sover kon ek nog nie agterkom of hulle, hulle belofte nakom nie, want wie sit nou heeldag doodstil en luister vir die radio?

Maar my f.k! Nou speel hulle feitlik elke freakin dag dieselfde liedjies. Dalk nie op dieselfde dag nie – o nee, hulle het mos belowe! Nee, hulle speel dit nou net elke dag.  As ek nog een keer Kid Rock se Sweet Home Alabama moet hoor, skree ek. Of Jordin Sparks se No Air….

Ek meen – daar is genoeg songs in hierdie wêreld dat hulle sekerlik elke dag vir die volgende paar jaar nooit ‘n liedjie hoef te herhaal nie.  Ja, ek weet van publisiteit en kontrakte en wie weet wat, maar ek, as Jan Publiek, gee nie ‘n flenter om nie. Hou op om dieselfde goed oor en oor te speel, ek mag dalk net (weer) na Highveld Stereo oorskakel. Nee wag, hulle speel sommer dieselfde liedjie drie keer ‘n dag!!!

Dalk moet ek maar na RSG begin luister….

Ek het gewen! Woensdag, Sep 17 2008 

So een keer elke week kry ek ek ‘n epos wat my hartlik geluk wens omrede ek die lotto in Engeland en/of sommer ook Europa gewen het. My rekenaar nommer, ID nommer of skoengrootte was die regte nommer gewees en voila! Ek het gewen! En nie sommer kleingeld nie, nee mense, MILJOENE! Whoohoo – lucky me.

Dan kry ek ook gereeld ‘n epos van ‘n dokter of professor of ’n armsalige nasaat van een of ander armsalige knaap wat dood is iewers in Afrika of Indië en sy MILJOENE so bitter graag vir my wil stuur omdat ek die regte skoengrootte gehad het.  Whoohoo – lucky me.

My gunsteling eposse is natuurlik dié wat my aanraai om binne 5 minute die boodskap aan te stuur vir 30 ander mense – anders verander my skoengrootte of val my arm af of sal ek dood aangetref word in my bad in my hotel kamer. As ek wel die boodskap aanstuur word ek soveel voorspoed belowe dat dit my eintlik sal verveel. En geld. MILJOENE! Whoohoo – lucky me.

Om nie eens te praat van al die honderde boodskappe wat my ‘n groter penis belowe as ek hulle produk gebruik nie. Ja, sure, ek wil sien hoe hulle dit gaan regkry.  Maar nou ja, met al die luck wat my geval, kan ek seker maar net sê: Whoohoo – lucky me.

 

   

High School “Musical” Tuesday, Sep 16 2008 

Okay, so ek het nie beplan om weer vandag te skryf nie, maar het skielik ‘n nare ondervinding van gisteraand onthou.

Ons het uiteindelik weer DSTv. Gisteraand kom ek toe af op “High School Musical” (ek gebruik die term “musical” BAIE LOS) en besef weereens dat ek die afgelope drie weke NIKS gemis het wat hiérdie ene betref nie.

Good gosh! Wat ‘n kakkefonie van geluide die laaste ses kandidate nie maak nie! As hulle so vrot sing, kan ek nie dink hoe die voriges was nie! Mense, asseblief: is dit die enigste talent wat die land het? Skielik verlang ek na Idols se aandag-soekende “wannabees” (wat teen hierdie tyd almal weer reeds terug is by hulle day jobs).

I mean really: Kan NIEMAND hoor die bloedjies kan nie sing nie? Om nie eens van ‘n gebrek aan “stage presence” te praat nie.  Dis hier waar ek Simon Cowell se brutal honesty mis, want wragtig as ek ‘n beoordelaar was, het ek hulle almal van die verhoog verjaag. 

My ore pyn en ek kruip namens hulle van skaamte onder my kombers in (ja, dit was effens koelerig gisteraand).

Wat ‘n pynvolle ondervinding! 

 

 

Is die kliënt altyd reg? Tuesday, Sep 16 2008 

Gelukkig werk ek nie direk met ons firma se kliënte basis nie, so ek word nie té veel blootgestel aan (onredelike) mense met (onredelike) probleme nie.

Toegegee, soms is hulle reg en jy verkeerd.  Mense maak foute, maar redelike mense aanvaar ook ander se verskoning en gaan aan met die lewe.

Ongelukkig kry jy mense wat streef na moeilikheid.  Wat daarop roem dat hulle moeilike kliënte is en merkwaardig trots is daarop. Hulle kan fout vind met die kleinste dingetjie asof dit wêreldvrede gaan beïnvloed.  Ek neem aan diésulkes het te veel tyd op hande, of dalk te min dinge wat aangaan in hulle eie saai lewens.  Moeilikheid en/of fout vinderigheid soek is hulle modus operandi.  Hulle floreer op drama en as daar nie genoeg daarvan is nie, MAAK hulle drama.

My man-hulle het onlangs met so ‘n ou te doen gekry.  En nadat hulle opreg verskoning gemaak het vir ‘n berekenings fout op sy rekening het hy steeds aangegaan en aangegaan, gedreig met die pers en wie weet wat, kort-kort gebel en dreigende e-posse gestuur.  Hy het selfs sover gegaan en die volgende dag (‘n Saterdag) die een outjie gebel en gevra hoe dit voel om te “verloor”. 

Sulke mense moet hulp kry. Of ‘n lewe.  Verkieslik in ‘n ander land waar hy ander mense kan gaan irriteer.

   

Verhoudings (ii) Maandag, Sep 15 2008 

Daar is ‘n persoon wat veronderstel is om baie naby aan my te wees. Ons kan ‘n hegte verhouding hê as gevolg van ons band met mekaar.  Maar weens omstandighede kom ons net nie oor die weg met mekaar nie.  Wat hierdie omstandighede presies is, weet ek nie altyd lekker nie. Hoekom ons nie oor die weg met mekaar kan kom nie, weet ek nog minder. Dalk is ons persoonlikhede té dieselfde.  Dalk was ons in ons vorige lewens aartsvyande.  Iemand wat naby aan albei van ons is, het al vir my gesê dié persoon is jaloers, maar daar is geen rede daarvoor nie, want ons is nie in kompetisie met mekaar nie.  Ek werk hard vir dit wat ek het/bereik, ek hoef mos nie skuldig daaroor te voel as dit die rede is hoekom dié persoon en ek nie oor die weg kom nie.  Buitendien, my lewe is ook nou nie besaai met rose en maanskyn nie, maar min mense weet dit, want ek deel nie my probleme en bekommernisse sommer openlik nie.  Dit mag dalk van buite af lyk asof alles “honky-dory” gaan, maar glo my, almal het maar hulle bekommernisse en vrese.

Ek wens ek kon my vinger op die probleem sit, want dié persoon is deel van my lewe en dit pla my dat dinge nie lekker is tussen ons nie, maar die oomblik as ons saamgegooi word is dit asof dinge maar net nie wil vlot loop nie. 

Hoekom moet ék uitreik as ‘n ander persoon ‘n probleem met my het (en dit nog nooit reguit vir my gesê het wat die probleem is nie!)?

Is ek verwaand of hardkoppig? Of lê die verantwoordelikheid by die ander persoon om die eerste tree te gee? 

Hoekom moet verhoudings in elk geval so damn complicated wees?

Volgende Blad »