Nightmare in Goshawk Close Tuesday, May 13 2008
Uncategorized 3:27 pm
Met ‘n straatnaam soos bogenoemde moes ons twee jaar gelede al geweet het dat hier moeilikheid aan die kom is. Maar nee, die Schoeman’s koop die erf en begin bou. Junie 2006 met die koop van die erf het ons nie ‘n idee gehad waarvoor ons, ons inlaat nie en nou amper twee jaar later kan ek sê dat die einde in sig is. Wel - amper. Hopelik kan ons einde Junie intrek. Bygesê as al die kontrakteurs opdaag wanneer hulle sê hulle gaan opdaag en doen wat hulle belowe het om te doen; sal dit dan hopelik realiseer.
En ek hoop ons sal lekker hier bly voor ons weer begin ”juk” en weer rondkyk. En ek hoop dit was al die bloed, sweet en trane werd, want wragtig dit was ‘n laaaaang pad!


