Hot cross buns, paaseiers en die paashaas… Tuesday, Feb 12 2008
Uncategorized 12:09 pm
Ek wonder hoeveel mense nog die betekenis van Paasfees ken? Paasfees het al so kommersieel geraak, dat ek vir die afgelope week al hot cross buns in die winkels sien lê! En ek HAAT hot cross buns. Ek kan die reuk daarvan net nie hanteer nie. Dit maak my naar en nou moet ek maande voor dit actually paasfees is al die goed in die oë staar. Paaseiers verskyn al deesdae saam met kersfees en orals op die rakke en by die tille loer paashasies vir jou om hulle huis toe te neem.
Wat is volgende? Kersfees in Junie? (wel dis moontlik, siende dat sommige winkels al in September hulle kersfees versierings begin uithang!)



February 12, 2008 at 8:00 pm
Ek like hotcross buns, ek laaik paaseiers en nou like ek sommer Kersfees in Junie ook…. al is dit net om van jou te verskil!!!
February 12, 2008 at 8:02 pm
O ja, ek sien darem jy is no.33 op die Afrikaanse blogs… maar ek is nogsteeds no.1!! Hehehehe… read it and weep!

…en ek worry nie eers meer oor stats nie…
February 13, 2008 at 7:44 am
Why you being so nasty to your little (only) sister? I’m only trying.

February 13, 2008 at 11:06 am
Ek hou ook nie van hotcross buns nie, as iemand net die goed sonder rosyntjies kan begin maak.
February 13, 2008 at 1:59 pm
Netjane… dan’s dit mossie meer dieselle nie….
March 5, 2008 at 3:52 pm
21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 …. 5 maande van hel op aarde!!!
(Openb 9:5) En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.
(Openb 9:6) En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
(Openb 16:17) En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
(Openb 16:1
En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.
lees ook die boek “We Are Almost There!!!” by http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html