Die polisieman patrolleer ‘n vryplek naby die plaaslike gholfbaan.  Dis al amper middernag wanneer hy ‘n motor sien staan waarvan die dakliggie brand.  Agter die stuurwiel sit ‘n jong man rustig ‘n motortydskrif en lees en op die agterste sitplek sit ‘n sexy jong meisie en brei.  Hy hou stil, stap na die motor en klop aan die ruit.  Die jong man kyk op, draai die ruit af en vra: “Is daar iets fout?” “Wat doen jy?” vra die polisieman. “Hoe lyk dit vir jou?” antwoord die jongman. “Ek lees ‘n motortydskrif”. “En wat doen sy?” vra die polisieman en wys na die meisie. Die jong man kyk oor sy skouer en sê: “Ek dink sy brei ‘n trui”. Nou ietwat onkant betrap, vra die polisieman: “Hoe oud is jy?” “Ek is negentien.” “En hoe oud is sy?” Die jong man kyk na sy horlosie en sê: ” Oor presies sewe minute sal sy agttien wees.”