My skoonma is oraait.  Ek en sy het nie ‘n hegte verhouding nie, maar ons het ook nie issues met mekaar nie.  Daarvoor sien ons mekaar te min.

In elk geval, dié van julle wat nie met skoonma oor die weg kom nie, hier’s so ’n paar skoonma grappies:

“My skoonma is ‘n wandelende koerant,” kla Piet teenoor sy vriend.  “Hoekom? Praat sy dan so baie?” wil Koos weet. “Nee, maar sy verskyn elke dag.”

Die seun vra vir sy pa: “Pappa, wie was Adam se skoonma?” Sy pa antwoord: “Hy het nie een gehad nie, Jannie. Dis hoekom hy in die paradys gewoon het.”

Gert kom sy skoonma teen waar sy fietsry. Gert: “Waarheen is jy op pad?” Skoonma: “Kerkhof toe.” Gert: “En wie gaan dan die fiets terugbring?”