Verhoudings Monday, Feb 18 2008 

Ek wonder vanoggend (nee, ek wonder al lank). Ek haat dit om in sirkels te praat. Ek haat dit om ’n situasie so te verwoord dat dit “hipoteties” gesien moet word. So vanoggend gaan ek iets reguit sê.

As jy vriendelik, ondersteunend en altyd beskikbaar is vir iemand (as ‘n vriend), maar die ander persoon sien iets meer in jou optredes - wat dan? Jou kuiers saam met dié persoon, julle saamwees - dit beteken vir jou niks meer as vriendskap nie, maar die ander persoon het (teen sy sin) verlief geraak (dalk selfs lief geraak vir jou) - wat dan? Moet jy nie daardie bande breek nie? Want in der waarheid lei jy daardie persoon onder ‘n waan.  Jy het dalk al jou gevoelens mooi verduidelik, maar jou optrede gee die ander persoon vals hoop.  Dalk is jy maar net ‘n goeie mens, maar die ander persoon sien dinge daar wat nie daar is nie. 

Ek verstaan van vriendskap en al daardie dinge, maar ek verstaan ook van verlief raak en lief raak vir iemand wat (omdat hy so ‘n goeie mens is) nie kan raaksien wat hy aan jou doen nie. Nie ten volle besef dat hy jou eerder kwaad as goed doen nie.  

Die keuse is joune om te maak.  Maar ‘n “one way” love het nog selde in ‘n “happy ever after” verander.

En wanneer weet jy of die verhouding nie gebore is uit alleenheid, onsekerheid, eensaamheid of bejammering nie? Die gevoelens raak later so deurmekaar - dis dan wanneer jy jouself oortuig dat jy dié persoon lief het. 

Die dag as jy sonder hierdie persoon kan leef, sonder dat jy hom nodig het, sonder hom gelukkig kan wees - dan is dit die tyd om weer saam te kom en te sien of daar nog IETS is.  As jy hom nie meer nodig het om jou volkome te laat voel nie, dan eers kan jy sekerheid oor jou gevoelens hê.

Aan al die PA’s daar buite Friday, Feb 15 2008 

A PA’s Guide for her boss: 

(1)  Never give me work in the morning. Wait until 4pm. The deadline challenge is refreshing.

(2) If you give me more than one job to do, don’t tell met which is the more important.  I’m psychic.

(3) I you have special instructions for a job, don’t write them down.  Tell met only when I’m almost finished.  I don’t want to be confused by vital information.

(4) Always leave without telling me where you’re going.  It gives me the chance to be creative whenever anyone asks where you are. 

Something for the ladies Wednesday, Feb 13 2008 

Siende dat Da Mario altyd sulke sexy girlies op sy blog post, het ek gereken dat ek nou maar so ‘n paar sexy ouens kan post. 

Girls, eat your heart out!!

car_wash.jpg

Hot cross buns, paaseiers en die paashaas… Tuesday, Feb 12 2008 

Ek wonder hoeveel mense nog die betekenis van Paasfees ken? Paasfees het al so kommersieel geraak, dat ek vir die afgelope week al hot cross buns in die winkels sien lê! En ek HAAT hot cross buns.  Ek kan die reuk daarvan net nie hanteer nie. Dit maak my naar en nou moet ek maande voor dit actually paasfees is al die goed in die oë staar.  Paaseiers verskyn al deesdae saam met kersfees en orals op die rakke en by die tille loer paashasies vir jou om hulle huis toe te neem. 

Wat is volgende? Kersfees in Junie? (wel dis moontlik, siende dat sommige winkels al in September hulle kersfees versierings begin uithang!)

Vry in die donker Monday, Feb 11 2008 

Die polisieman patrolleer ‘n vryplek naby die plaaslike gholfbaan.  Dis al amper middernag wanneer hy ‘n motor sien staan waarvan die dakliggie brand.  Agter die stuurwiel sit ‘n jong man rustig ‘n motortydskrif en lees en op die agterste sitplek sit ‘n sexy jong meisie en brei.  Hy hou stil, stap na die motor en klop aan die ruit.  Die jong man kyk op, draai die ruit af en vra: “Is daar iets fout?” “Wat doen jy?” vra die polisieman. “Hoe lyk dit vir jou?” antwoord die jongman. “Ek lees ‘n motortydskrif”. “En wat doen sy?” vra die polisieman en wys na die meisie. Die jong man kyk oor sy skouer en sê: “Ek dink sy brei ‘n trui”. Nou ietwat onkant betrap, vra die polisieman: “Hoe oud is jy?” “Ek is negentien.” “En hoe oud is sy?” Die jong man kyk na sy horlosie en sê: ” Oor presies sewe minute sal sy agttien wees.”

Sonde met skoonma Friday, Feb 8 2008 

My skoonma is oraait.  Ek en sy het nie ‘n hegte verhouding nie, maar ons het ook nie issues met mekaar nie.  Daarvoor sien ons mekaar te min.

In elk geval, dié van julle wat nie met skoonma oor die weg kom nie, hier’s so ’n paar skoonma grappies:

“My skoonma is ‘n wandelende koerant,” kla Piet teenoor sy vriend.  “Hoekom? Praat sy dan so baie?” wil Koos weet. “Nee, maar sy verskyn elke dag.”

Die seun vra vir sy pa: “Pappa, wie was Adam se skoonma?” Sy pa antwoord: “Hy het nie een gehad nie, Jannie. Dis hoekom hy in die paradys gewoon het.”

Gert kom sy skoonma teen waar sy fietsry. Gert: “Waarheen is jy op pad?” Skoonma: “Kerkhof toe.” Gert: “En wie gaan dan die fiets terugbring?”

En julle dink ons paaie is sleg…… Thursday, Feb 7 2008 

kwedilima-011.jpgHierdie foto het my man van sy werksbakkie geneem wat vasgeval het in ‘n pad buite Kwedilima, Uganda.  Jy probeer glo die een gat mis ry, net om vas te val in ‘n ander een! Teen die spoed waarteen ons paaie hier in SA verswak, moet ek dalk ook maar my motor vir ‘n 4×4 gaan inruil.

Exaamin Flatirs Wednesday, Feb 6 2008 

Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.

‘n Sirkel is ‘n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end.

Raad vir neusbloeding:  plaas die neus laer as die liggaam.

As jy ‘n reuklose gas ruik, is dit waarskynlik koolstofmonoksied.

Die grieke was ‘n hoog gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie ‘n geskiedenis gehad het nie.  Die Grieke het ook mites gehad.  ‘n Mite is ‘n motwyfie.

Skelm kontrakteurs Monday, Feb 4 2008 

Soos almal weet bou ons op die oomblik.  Geld is maar “tight”, maar ons probeer ons droomhuis bou sover moontlik en probeer so min as moontlik om dinge uit te laat wat ons graag in die huis wil hê.

Sover was my ondervinding (om die minste te sê) een van algehele frustrasie.  Met die bouers, met verskaffers en met kontrakteurs. Almal soek ‘n deposito, anders kan jy maar verby hou en by ‘n volgende firma probeer. 

As agtergrond:

Ons het ‘n ou R4100-00 gegee vir stene wat hy tot nou toe nog nie afgelewer het nie en ook het ek nog nie my geld uit hom terug gekry nie.

Die firma wat die garagedeur kom installeer het (sowat 2 maande terug) is reeds ten volle betaal, maar nou kraak die een paneel.  Na honderde oproepe het hy sowat ‘n maand gelede uitgekom en daarna kom kyk, het belowe om dit te kom regmaak en sedertdien was hy nog nie weer terug nie.

Die kersie op die koek het egter vanoggend plaasgevind.  Ek het R50 000 neergesit as deposito op die huis se ingeboude kaste (kamers, badkamers, kombuis, spens). Vanoggend bel die ou my en sê dat sy firma onder likwidasie geplaas is en dat hy nie meer die kaste kan doen nie en my ook nie kan waarborg dat ek my geld gaan terugkry nie!  Hy sal egter sy verskaffers vra om my te kontak en te kyk hoeveel ek hulle moet betaal as ek dit direk van hulle af kan kry.

Ek is stomgeslaan, moedeloos en verslae.  Wat maak ek nou? My droomhuis het in ‘n nagmerrie ontaard met vertrekke wat sonder kaste gaan staan, want wie kan dit bekostig om R50 000 maar net sommer af te skryf en ‘n ander firma in te kry om dit te doen?

My kant was nog altyd skoon.  Ek het nog altyd betaal vir diens wat aan my gelewer was, maar nou wonder ek of ek nie ook maar soos baie ander moet maak en nie betaal nie.  Ons het juis nie van een firma gebruik gemaak om alles te doen nie, maar het sover moontlik alles self gedoen en/of kleiner firmas gebruik. So sou ons amper R600 000 spaar wat ons nie nodig gehad het om aan ‘n kontrakteur oor te betaal vir sy “mark-up” nie.  

Net omdat jy ‘n huis bou beteken dit nie jy het geld om rond te gooi nie, beteken dit nie dat jy “ryk” is nie en beteken dit nie dat kontrakteurs die reg het om jou finansieel te mishandel nie.

Celine Dion Monday, Feb 4 2008 

Een van my gunsteling sangeresse. Nie vir haar “stage personality” nie (ek dink sy “over act” heeltemal te veel), maar vir haar musikale talent.  Ek meen, die vrou het ‘n “range” van agt oktawe!! Ongelooflik.

In elk geval, ‘n ruk terug koop ek vir my haar DVD (Live in Las Vegas). Nou is ek amper spyt daaroor, want my dogtertjie kan nie genoeg van die ding kry nie.  In die DVD “change” Celine seker so vyf keer haar uitrustings. My dogtertjie sing klip hard saam, gooi die lyf, maak die moves en “pause” die DVD speler om ook elke keer saam met Celine te gaan uitrustings omruil. Alles word natuurlik net so op die bed gegooi, “want sy het nie mense wat haar help om aan te trek soos Celine nie” (om haar presiese woorde te gebruik). En tussentyd loop my skoenekas deur, want sy moet ook hoë hakke aanhê om mee te dans.

Ek wonder nou net, as madam nou al op vyf so is, gaan sy ‘n Diva wees op vyftien? Ek sien swaar tye vir ons voorlê!!

Next Page »