Kindergebedjies Friday, Nov 30 2007
Uncategorized 9:02 am
My vierjarige dogtertjie is op die oomblik siek. Dis ‘n stryd om haar, haar medisyne te laat drink. Ek dreig en ek praat hard. Ek raas. Maar as sy eers die medisyne gedrink het, prys ek haar en gee ‘n sweetie (vir die slegte smaak, natuurlik).
Gisteraand bid sy haar gebedjie en sê baie dankie vir liewe Jesus omdat hy haar by my afgelaai het en nie by haar ouma se buurvrou nie.
En ek dink by myself: Al het ek deur die dag met haar geraas, bly sy steeds so lief vir my dat sy dankie sê dat sy by my kan wees. En ek staan woordeloos en stomgeslaan met die besef hoe wonderlik ‘n kind se liefde is. En ek is dankbaar vir die eer wat ek het om die ondervinding daarvan te hê.


