Nightmare in Goshawk Close Tuesday, May 13 2008 

Met ‘n straatnaam soos bogenoemde moes ons twee jaar gelede al geweet het dat hier moeilikheid aan die kom is.  Maar nee, die Schoeman’s koop die erf en begin bou.  Junie 2006 met die koop van die erf het ons nie ‘n idee gehad waarvoor ons, ons inlaat nie en nou amper twee jaar later kan ek sê dat die einde in sig is. Wel - amper.  Hopelik kan ons einde Junie intrek.  Bygesê as al die kontrakteurs opdaag wanneer hulle sê hulle gaan opdaag en doen wat hulle belowe het om te doen; sal dit dan hopelik realiseer.

En ek hoop ons sal lekker hier bly voor ons weer begin ”juk” en weer rondkyk. En ek hoop dit was al die bloed, sweet en trane werd, want wragtig dit was ‘n laaaaang pad!

 

 

Margaret Alida Koen Tuesday, May 6 2008 

Ouma Margaret. Gebore 18 September 1919. Dis vandag ‘n week gelede dat jy oorlede is.  Die laaste van my ouma’s en oupa’s. Die een wat die langste gelei het op ‘n siekbed. Wat stadig weggekwyn het tot daar letterlik net vel en been oorgebly het.  Ek mis jou, maar is bly dat jou pyne en leiding verby is. Ek is bly dat jy vandag in ‘n beter plek is. 

Ek weet ek was altyd jou voortrekkertjie.  Die jongste van al die niggies en nefies. Jy het gesien hoe die ouer kinders nie met my wou speel nie en my nader getrek het.  Skelm lekkertjies of ‘n geldjie in my hand gedruk het.  Ek onthou dit - ek het dit nie vergeet nie.  Net soos ek jou ook nie sal vergeet nie.

Ek dink terug aan jou kuiers by ons toe ek klein was.  Die stories en rugkrap in die aand. En ek sien hoe my ma dieselfde vir my dogter doen en ek kan net hoop dat ek ook die voorreg gegun sal word om dit vir my dogter se dogter te doen. En aan jou te kan lê en dink terwyl ek ook my kleindogter se ruggie krap. 

Generasie vir generasie gaan verby en ek kan net hoop dat ek ook eendag deur my kleindogter so onthou sal word.

Al my liefde

Celéste

Verhoudings Monday, Feb 18 2008 

Ek wonder vanoggend (nee, ek wonder al lank). Ek haat dit om in sirkels te praat. Ek haat dit om ’n situasie so te verwoord dat dit “hipoteties” gesien moet word. So vanoggend gaan ek iets reguit sê.

As jy vriendelik, ondersteunend en altyd beskikbaar is vir iemand (as ‘n vriend), maar die ander persoon sien iets meer in jou optredes - wat dan? Jou kuiers saam met dié persoon, julle saamwees - dit beteken vir jou niks meer as vriendskap nie, maar die ander persoon het (teen sy sin) verlief geraak (dalk selfs lief geraak vir jou) - wat dan? Moet jy nie daardie bande breek nie? Want in der waarheid lei jy daardie persoon onder ‘n waan.  Jy het dalk al jou gevoelens mooi verduidelik, maar jou optrede gee die ander persoon vals hoop.  Dalk is jy maar net ‘n goeie mens, maar die ander persoon sien dinge daar wat nie daar is nie. 

Ek verstaan van vriendskap en al daardie dinge, maar ek verstaan ook van verlief raak en lief raak vir iemand wat (omdat hy so ‘n goeie mens is) nie kan raaksien wat hy aan jou doen nie. Nie ten volle besef dat hy jou eerder kwaad as goed doen nie.  

Die keuse is joune om te maak.  Maar ‘n “one way” love het nog selde in ‘n “happy ever after” verander.

En wanneer weet jy of die verhouding nie gebore is uit alleenheid, onsekerheid, eensaamheid of bejammering nie? Die gevoelens raak later so deurmekaar - dis dan wanneer jy jouself oortuig dat jy dié persoon lief het. 

Die dag as jy sonder hierdie persoon kan leef, sonder dat jy hom nodig het, sonder hom gelukkig kan wees - dan is dit die tyd om weer saam te kom en te sien of daar nog IETS is.  As jy hom nie meer nodig het om jou volkome te laat voel nie, dan eers kan jy sekerheid oor jou gevoelens hê.

Aan al die PA’s daar buite Friday, Feb 15 2008 

A PA’s Guide for her boss: 

(1)  Never give me work in the morning. Wait until 4pm. The deadline challenge is refreshing.

(2) If you give me more than one job to do, don’t tell met which is the more important.  I’m psychic.

(3) I you have special instructions for a job, don’t write them down.  Tell met only when I’m almost finished.  I don’t want to be confused by vital information.

(4) Always leave without telling me where you’re going.  It gives me the chance to be creative whenever anyone asks where you are. 

Something for the ladies Wednesday, Feb 13 2008 

Siende dat Da Mario altyd sulke sexy girlies op sy blog post, het ek gereken dat ek nou maar so ‘n paar sexy ouens kan post. 

Girls, eat your heart out!!

car_wash.jpg

Hot cross buns, paaseiers en die paashaas… Tuesday, Feb 12 2008 

Ek wonder hoeveel mense nog die betekenis van Paasfees ken? Paasfees het al so kommersieel geraak, dat ek vir die afgelope week al hot cross buns in die winkels sien lê! En ek HAAT hot cross buns.  Ek kan die reuk daarvan net nie hanteer nie. Dit maak my naar en nou moet ek maande voor dit actually paasfees is al die goed in die oë staar.  Paaseiers verskyn al deesdae saam met kersfees en orals op die rakke en by die tille loer paashasies vir jou om hulle huis toe te neem. 

Wat is volgende? Kersfees in Junie? (wel dis moontlik, siende dat sommige winkels al in September hulle kersfees versierings begin uithang!)

Vry in die donker Monday, Feb 11 2008 

Die polisieman patrolleer ‘n vryplek naby die plaaslike gholfbaan.  Dis al amper middernag wanneer hy ‘n motor sien staan waarvan die dakliggie brand.  Agter die stuurwiel sit ‘n jong man rustig ‘n motortydskrif en lees en op die agterste sitplek sit ‘n sexy jong meisie en brei.  Hy hou stil, stap na die motor en klop aan die ruit.  Die jong man kyk op, draai die ruit af en vra: “Is daar iets fout?” “Wat doen jy?” vra die polisieman. “Hoe lyk dit vir jou?” antwoord die jongman. “Ek lees ‘n motortydskrif”. “En wat doen sy?” vra die polisieman en wys na die meisie. Die jong man kyk oor sy skouer en sê: “Ek dink sy brei ‘n trui”. Nou ietwat onkant betrap, vra die polisieman: “Hoe oud is jy?” “Ek is negentien.” “En hoe oud is sy?” Die jong man kyk na sy horlosie en sê: ” Oor presies sewe minute sal sy agttien wees.”

Sonde met skoonma Friday, Feb 8 2008 

My skoonma is oraait.  Ek en sy het nie ‘n hegte verhouding nie, maar ons het ook nie issues met mekaar nie.  Daarvoor sien ons mekaar te min.

In elk geval, dié van julle wat nie met skoonma oor die weg kom nie, hier’s so ’n paar skoonma grappies:

“My skoonma is ‘n wandelende koerant,” kla Piet teenoor sy vriend.  “Hoekom? Praat sy dan so baie?” wil Koos weet. “Nee, maar sy verskyn elke dag.”

Die seun vra vir sy pa: “Pappa, wie was Adam se skoonma?” Sy pa antwoord: “Hy het nie een gehad nie, Jannie. Dis hoekom hy in die paradys gewoon het.”

Gert kom sy skoonma teen waar sy fietsry. Gert: “Waarheen is jy op pad?” Skoonma: “Kerkhof toe.” Gert: “En wie gaan dan die fiets terugbring?”

En julle dink ons paaie is sleg…… Thursday, Feb 7 2008 

kwedilima-011.jpgHierdie foto het my man van sy werksbakkie geneem wat vasgeval het in ‘n pad buite Kwedilima, Uganda.  Jy probeer glo die een gat mis ry, net om vas te val in ‘n ander een! Teen die spoed waarteen ons paaie hier in SA verswak, moet ek dalk ook maar my motor vir ‘n 4×4 gaan inruil.

Exaamin Flatirs Wednesday, Feb 6 2008 

Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig.

‘n Sirkel is ‘n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end.

Raad vir neusbloeding:  plaas die neus laer as die liggaam.

As jy ‘n reuklose gas ruik, is dit waarskynlik koolstofmonoksied.

Die grieke was ‘n hoog gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie ‘n geskiedenis gehad het nie.  Die Grieke het ook mites gehad.  ‘n Mite is ‘n motwyfie.

Next Page »